Filed under: Uncategorized
Soos ek die koerant berigte in Beeld oor Sheldean Human lees voel ek hoe hartseer in my opwel… (so ja my eerste blog is depressing) Ek sien gr2 kindertjies se betraande gesiggies en ek wil saam met hulle huil oor hulle maatjie wat ek nie eers geken het nie.
Ek lees die woorde en dit skok deur my! VERKRAG EN VERMOOR…VERMINKTE LIGGAAM… Maar sy was maar 7?! Ek dink aan my klein niggies wat maar een jaar ouer en een jaar jonger as dit is en ek kan nie dink nie… Nee ek gaan nie… En dan kom ek op ‘n berig af wat dinge erger maak. Die berig waar die DA-LP woordvoerder mnr. Mike Waters sê dat volgens die regering se statistieke word daar elke dag 3 kinders vermoor. DRIE! En net op die volgende bladsy is hulle foto’s: Drie kinders wat se lyke in 2005 gekry is Micyela Ganchi (6), Merissa Naidoo (10) en Steven Siebert (6) Al drie seksueel aangerand en vermoor.
En ons worry oor De La Rey! Ons fokus is misplaas! Hoe wil ons ‘n verskil in hierdie wêreld maak en Christus se boodskap uitdra as ons hierdie goed net ignoreer of doodeenvoudig nie daarvan weet nie? Ja dit is sekerlik makliker om oor dinge soos De La Rey, en homoseksualiteit ens. te debateer want daar kan ons partykeer nog ‘n mate van ‘n antwoord gee, daar raak dit ons nie so erg nie.
Maar vergeet vir ‘n oomblik van De La Rey en van naamveranderings en al hierdie ander dinge! En kom ons vat die kinders in ons land en reg oor die wêreld se handjies en laat hulle toe om weer lewe in ons verharde harte te druk en hulle nood raak te sien.
Kinders moet kan speel sonder om oor hulle skouers te moet kyk, (dit is ons grootmense se werk) sonder om te worry oor kos vir vanaand (ook ons werk) sonder om volwasse te moet optree en sonder om bang te wees vir groot mense.
Moenie gaan blomme neersit as dit te laat is nie, moenie wil gaan berading doen as die seer klaar daar is en so jou deel doen nie, ons moet nou iets doen terwyl ons nog kan en laat die kindertjies na Hom toe kom!
4 Comments so far
Leave a comment
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
De la Rey herinner ons aan ‘n geskiedenis van geweld. ‘n Geskiedenis waar mense se lewens as waardeloos gesien is.
Naamveranderings vertel vir ons dat daai geskiedenis nog nie verby is nie. Of dit geld mors is of nie, dit weet ek nie, maar vir party het dit waarde, party voel dat dit dalk deel van ‘n hervorming van ons samelewing kan wees.
En homoseksualiteit… dit vertel die verhaal van die haat van mense. Ja, sal ek verkeerd wees dat hierdie haat selfs in moord omgegaan het met tye?
Ek het gisteraand gesê, Shaldean het ‘n ikoon geword, ‘n simbool vir wat met ons kinders gebeur, en dit is verskriklik! Maar haat en geweld, en ook moord, het baie gesigte.
Maar elkgeval, welkom! Sien uit daarna om te lees wat jy skryf, ek plaas sommer nou ‘n link na jou toe op.
Comment by Cobus March 12, 2007 @ 7:30 amHi Annelie
Comment by Bernardvw March 13, 2007 @ 1:36 pmKinders moet die voorreg hê om sorgeloos te wees. Ek dink ons moet maar net ons deel doen om kinders te beskerm. Ek hou daarvan om die volgende voorbeeld te gebruik : Kinders is soos teepotte. Ons is mense wat met die teepotte speel, ons gooi bietjie die teepotte op en af. En daar is baie dinge wat met daardie teepotte kan gebeur. As ons hulle laat val breek hulle. As ons nie versigtig genoeg is nie dan mors al die tee uit, en dan is die teepot mos useless! Van hier af kan ek baie voorbeelde gebruik. As dit by kompetisie kom tussen bv ‘n regte pa en ‘n stiefpa, dan kan mens sê hulle wil rugby speel met die teepot. En wat is die kans dat die teepot heel daaruit gaan kom? In verband met die geweld sê ek dat mense ons teepotte kom vat, alles uitgooi en net ‘n klein bietjie daarvan drink, en dan die teepot stukkend gooi. En ja, ek weet dis net ‘n manier om hierdie goed vir my makliker maak om te verwerk. Maar is dit nie tyd dat ons bietjie ons teepotte volmaak ni?
Hey
Bly om te sien jy blog ook. Sien baie uit daarna om te lees wat jy skryf.
Maar ek stem saam. Die moord van klein kinders is net plein siek. Daar is vir my nie ‘n ander manier om dit te beskryf nie. Laasjaar op ‘n stadium moes ons ‘n opstel skryf oor een of ander rooftog scenario.
My oorspronklike weergawe het gegaan oor drie ou mense wat ‘n apteek beroof. Ek was so moeg vir al die geweld en negatiwiteit, maar ek moes toe op die ou end my opstel verander na ‘n meer realistiese onderwerp toe.
Ek kyk nie meer nuus nie. Dis te depressing.
Ek weet nie of ek irrasionaal optree deur dit te doen nie, al wat ek weet is dat ek dit net nie meer kan hanteer nie.
Comment by Annemarie March 14, 2007 @ 8:57 pm[...] It’s been a month since I last posted on the De la Rey issue. Since then it seems like Shaldean Human took some of the talk about De la Rey, maybe it’s just my perception, but it seems like there [...]
Pingback by De la Rey 3 - some other songs, and no final words « emerging South Africa March 19, 2007 @ 2:56 pm