dancing through life


Gemors pos :)
March 12, 2007, 8:57 am
Filed under: Uncategorized

Wel net ‘n vinnige een…  Ek het vanoggend nou weer een van daardie e-mails gekry… ons almal ken hulle en het al op die een of ander stadium so een gekry. Ek persoonlik haat hulle!

Dit is daardie e-mails wat die een of ander Christelike boodskap veronderstel is om oor te dra en party van hulle is selfs mooi, maar dan kom daar die laaste sin: “Send this to five of your friends if you really believe”, of “send this to 5 of your friends and in two days you will receive a miracle” of soos die een wat ek vanoggend gekry het: “If you are not interested, and do not have the 4 Minutes it will take to do this, please don’t complain when God does not have time for you, because He is far busier than we are.” en die laaste sin :”Remember, Jesus said “Deny Me on earth and I’ll deny you before my Father”.

Daar is min dinge wat my so afsit soos dit en natuurlik weier ek dan juis om die e-mail of sms aantestuur… Wat my die meeste pla is dat ek gewoonlik hierdie e-mails by mense kry wat veronderstel is om my goed te ken en te weet hoe ek oor dit voel. Ek het altyd vir hulle die een of ander sarkastiese of mooi teologiese antwoord [hang af in watter bui ek was :) ] terug gestuur maar ek doen dit nie eers meer nie.

 As jy een van daai mense is en hierdie lees is ek jammer as ek op jou tone trap maar jy is meer as welkom om met my daaroor te gesels moet asb. net nie weer sulke e-mails vir my stuur net omdat ek teologie swot en jy dink ek sal dit waardeer of selfs daarmee saamstem nie.

Wel hierdie is soortvan net ‘n inleiding vir hierdie post want ek moet nou gaan en het nie nou tyd om dieper en meer teologies op die ding in te gaan nie… Sal volgende keer


1 Comment so far
Leave a comment

Haai

Het laasweek ook so ‘n e-mail gekry. Dit het iets gesê van ‘n movie oor Jesus en sy disippels wat homoseksueel is. Ja, dit klink skokkend aan die begin, maar ek maak eers seker van my feite. So ek het dit geforward vir so paar mense en almal se dat dit net ‘n wolhaar storie is.

Dit is nogal baie irriterend, maar daar kan tye wees dat sulke boodskappe waar is (of dalk nie, is nie rerig seker nie).

Die vraag is net, wat maak ons om die streep te trek tussen waar of nie?

Comment by Annemarie




Leave a comment
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>