dancing through life


IS KERK VERANTWOORDELIK VIR JEUG…?
April 13, 2007, 10:39 am
Filed under: Uncategorized

Ja, ja ek weet ek het lanklaas geblog maar dit was intussen vakansie ens. ens. maar ek is terug met ‘n vraag wat ek al ‘n hele rukkie oor wonder: Is die kerk verantwoordelik vir sy jeug?

Laat ek verduidelik, met die dat misdaad kinders in S.A. alhoemeer raak en dat ek al ‘n post of twee daaroor geskryf het, het ek begin wonder wat is die kerk se rol in dit alles… Is die kerk net daar om te help troos as dinge klaar gebeur het of is daar ‘n groter rol wat die kerk dalk net nie seker is hoe om te vertolk nie wat ons moet speel?

Hoe help ons as die kerk (ok goed kom ons maak dit nouer want die kerk is mos eintlik almal maar kom ons maak dit meer spesifiek ‘n gemeente, jeugwerker, dominees en kerkraad) ons ouers om hulle kinders veilig te hou? En daarmee sê ek weereens nie ek weet hoe nie ek vra… Hoe waarsku ons, ons ouers en kinders teen hierdie gevare (wat partykeer baie nader lê as ‘n vreemdeling) sonder om ons kinders so bang te maak dat hulle heeltyd oor hul skouer wil kyk, sonder om paniek te saai? Is die kerk nie verantwoordelik vir sy gemeente en meer spesifiek vir sy kinders nie?

Ok kom ons maak dit makliker, kom ons begin by onsself. Hoe hou ons, ons kinders veilig wanneer hulle by die kerk is bv. na sondagskool/jeug wanneer hulle buite die kerk of op die sypaadjie vir hul ouers wag, hoe kies ons ons jeugwerkers en sondagskool kategete of jeugleiers (neem ons net aan hulle is Christene en dra die veiligheid van ons kinders op die hart) Ek het al met ‘n paar mense hieroor gepraat so al die vrae is nie noodwendig my eie nie maar ek dink dit is geldig. Hoe skep ons vir ons kinders by die kerk ‘n veilige omgewing sonder om hulle te versmoor en sonder om ‘n onwerklike omgewing te skep? Iemand anders het my met die vraag geantwoord: Maar is dit werklik die kerk se werk/verantwoordelikheid? En dit is die een vraag wat ek maklik en vinnig sal antwoord JA!!! Ek dink dit is deel van die kerk se werk en verantwoordelikheid om ons kinders optepas.

Miskien is die antwoorde en die goue middeweg nie altyd so duidelik nie maar dit beteken nie ons moet daarom die vrae vergeet of verwerp nie ek dink ons moet dit al hoe meer en al hoe harder begin vra. Kom ons begin saam die antwoorde soek en kom ons probeer ons kinders beskerm.

Hierdie is wel ‘n kort post maar dit beteken nie dit is van minder belang nie ek dink dit is tot dusver my belangrikste post ek hoop hierdie post gaan julle bietjie laat dink en voorstelle is welkom :) , dankie vir al die comments wat ek gekry het oor hoekom vergewe?


1 Comment so far
Leave a comment

Ek het ‘n mening of twee oor die issue wat jy aangeraak het. Ja, die kerk is verantwoordelik – nie net vir sy eie gemeente se kinders nie, maar aal kinders, alle kinders. Daar is nie grense nie. Ek voel egter anders oor die verantwoordelikheid van die kerk. Die kerk is eerstens verantwoordelik om die kinders na Christus te bring – daar is niks wat se dat ‘n kind van 7 jaar nie weet wie Jesus is en of hy/sy hul lewe vir Christus wil gee nie. Dink partykeer ons moet wegkom van die graad 1 tipe idee wat ons in Sondagskool huldig – kinders kan volwasse wees wees in Christus – om die waarheid te se – ‘n kind van 10 jaar kan en is baiemaal ‘n baie meer volwasse Christen as baie 30 of 50 jarige gemeentelede. Maar agv hy/sy ouderdom word hulle behandel soos sub – intellegente lede van die Christelike samelewing. Alle mense wat met jeug werk in die Christelike onderrig omgewing moet met die Here en deur die Heilige Gees geklaar word. Le die name van belangstellendes voor in gebed en bid ernstig daaroor – jy sal duidelikheid kry. Onthou Jesus het gese om die kinders na Hom te laat kom – Hy is saam by die onderrig – indien jy Hom daar wil toelaat! Fisiese beskerming is tweede op die lys, maar ook belangrik. By die kerkfasiliteite is dit die kerkinstansie se verantwoordelikheid – buite dit is dit die ouers (wat hul verantwoordelikheid so graag op die skool, kerk, enigiemand) afskuif se varantwoordelikheid. Moenie dat ek daar in gaan nie, ek kan myself moedeloos vermoei daarmee! Mooi Loop.

Comment by Kowie




Leave a comment
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>