dancing through life


Hoekom vergewe?
March 20, 2007, 2:31 pm
Filed under: Uncategorized

Moenie hierdie post lees as jy dink dat ek die antwoord aan die einde gaan gee nie want ek het nie ‘n antwoord nie….

Ek is terug by die Sheldean storie maar dit is nie al waaroor hierdie post gaan nie, dit is net die laaste van ‘n klomp gebeurtenisse die afgelope twee weke wat my hieroor laat wonder het.

 Kom ek begin voor… Ek het die berig in die Beeld gelees waar hulle vir Sheldean se ouers sê dat hulle haar moordenaar moet vergewe:”“Julle sal vir Andrew Jordaan onvoorwaardelik moet vergewe vir die dood van jul dogter.”
Dit was die woorde van dr. Pieter Neethling, DA-raadslid, tydens ’n dankseggingsdiens by die Laerskool Hermanstad in die weste van Pretoria vir diegene wat gehelp soek het na die vermoorde Sheldean Human (7).
Neethling het gister Sheldean se ouers, mnr. Wikus en mev. Elize Human, gevra om Jordaan nie te haat nie.
“Vergewe hom en laat die saak oor in die hande van die regstelsel. Woon al die hofsake by, máár moenie daar sit met ’n wrok en haat in jou hart nie.
“Dit is nie net vir hom wat jy vergewe nie, maar vir jou eie bestaan ook,” het hy gesê.
Neethling, wat self ’n kind aan die dood afgestaan het, het gesê hy het dié les van vergifnis uit die “Onse Vader-gebed” geleer.
“Ek het die jong man wat my kind se dood destyds veroorsaak het, gaan besoek en aan hom gesê ek vergewe hom onvoorwaardelik.”
Sheldean se ontbinde lyk is twee weke gelede in ’n vloedwaterdrein sowat 4km van haar huis gevind.
Mnr. Andrew Jordaan (25), wat die plek waar Sheldean se lyk gekry is aan die polisie uitgewys het, is tans in aanhouding weens haar dood.”

Soos ek dit lees kan ek nie help om te wonder:”hoekom moet hulle nie, hoe kan hy dit van hulle verwag?” Ja ek weet dit klink nou nie baie christelik of na die regte ding om te sê nie maar ek kan nie help om dit te wonder nie. Ek meen hulle het hulle sewe jarige dogtertjie aan die dood afgestaan, nie a.g.v. siekte nie, nie a.g.v. normale goed nie maar a.g.v hierdie man. Daarmee saam moet hulle met die feit saam leef dat hulle dogterjie nie net wreed vermoor is nie maar dat sy nog verkrag ook is, (iets wat vir volwasse vroue te moeilik is om te hanteer, iets waarmee ‘n sewe jarige dogterjie nie moes kennis maak nie)

Kyk ek sê nie hierdie Pieter Neethling is verkeerd nie ek sê net ons moet dalk bietjie anders na onderwerpe soos vergifnis begin kyk.  Netso wonder ek of dit reg is om vir kinders wat seergemaak word in hulle huis (aangerand word, verkrag/molesteer word, ouers wat skei ens.) te sê jy moet jou ma of pa vergewe vir wat hulle aan jou doen, want die Here het jou vergewe vir al die slegte dinge wat jy gedoen het. Ja miskien maak dit seer ja miskien hou dit nie op nie en is jy nogsteeds in daardie huis maar die Bybel sê jy moet sewentig maal sewe keer vergewe, en vergewe soos wat die Vader julle in Christus vergewe het. Net so kan ek aangaan oor vroue/mans wat verkrag is, vroue wat se mans hulle hele gesin uitgeroei het ens.

Ek sê weer ek sê nie hierdie mense moet bly haat en hulle hoef nie te vergewe nie want ja dit sal hulle van binne af opvreet ens. maar ek wonder net hoe moet ons as Christene, as jeugwerkers en sommige van ons as dominee’s dit benader.  Want wie gee ons die reg om dit van hulle te verwag?  Hoe help ons hulle sonder om ‘n beeld van God te skep wat bo in die hemel sit en jou vergewe maar bewaar jou siel as jy nie vergewe nie dan is dit verby. Hoe behou ons die beeld van die liefdevolle Vader met meer liefde en genade as wat ons menslike verstand kan begryp. 

Hoe help ons mense sonder om so vinnig en maklik raad te gee soos om te sê VERGEWE. Ek weet nie, maar ek weet wel dat ons versigtiger met ons woorde moet omgaan, dat ons te maklik praat. Miskien moet ons meer begin luister, troos en liefhê en die Here vertrou dat Sy liefde en genade ons en hulle sal lei na die pad van vergifnis.



Gemors pos :)
March 12, 2007, 8:57 am
Filed under: Uncategorized

Wel net ‘n vinnige een…  Ek het vanoggend nou weer een van daardie e-mails gekry… ons almal ken hulle en het al op die een of ander stadium so een gekry. Ek persoonlik haat hulle!

Dit is daardie e-mails wat die een of ander Christelike boodskap veronderstel is om oor te dra en party van hulle is selfs mooi, maar dan kom daar die laaste sin: “Send this to five of your friends if you really believe”, of “send this to 5 of your friends and in two days you will receive a miracle” of soos die een wat ek vanoggend gekry het: “If you are not interested, and do not have the 4 Minutes it will take to do this, please don’t complain when God does not have time for you, because He is far busier than we are.” en die laaste sin :”Remember, Jesus said “Deny Me on earth and I’ll deny you before my Father”.

Daar is min dinge wat my so afsit soos dit en natuurlik weier ek dan juis om die e-mail of sms aantestuur… Wat my die meeste pla is dat ek gewoonlik hierdie e-mails by mense kry wat veronderstel is om my goed te ken en te weet hoe ek oor dit voel. Ek het altyd vir hulle die een of ander sarkastiese of mooi teologiese antwoord [hang af in watter bui ek was :)] terug gestuur maar ek doen dit nie eers meer nie.

 As jy een van daai mense is en hierdie lees is ek jammer as ek op jou tone trap maar jy is meer as welkom om met my daaroor te gesels moet asb. net nie weer sulke e-mails vir my stuur net omdat ek teologie swot en jy dink ek sal dit waardeer of selfs daarmee saamstem nie.

Wel hierdie is soortvan net ‘n inleiding vir hierdie post want ek moet nou gaan en het nie nou tyd om dieper en meer teologies op die ding in te gaan nie… Sal volgende keer



Sheldean Human
March 8, 2007, 10:38 am
Filed under: Uncategorized

Soos ek die koerant berigte in Beeld oor Sheldean Human lees voel ek hoe hartseer in my opwel… (so ja my eerste blog is depressing) Ek sien gr2 kindertjies se betraande gesiggies en ek wil saam met hulle huil oor hulle maatjie wat ek nie eers geken het nie.

Ek lees die woorde en dit skok deur my! VERKRAG EN VERMOOR…VERMINKTE LIGGAAM… Maar sy was maar 7?! Ek dink aan my klein niggies wat maar een jaar ouer en een jaar jonger as dit is en ek kan nie dink nie… Nee ek gaan nie…  En dan kom ek op ‘n berig af wat dinge erger maak.  Die berig waar die DA-LP woordvoerder mnr. Mike Waters sê dat volgens die regering se statistieke word daar elke dag 3 kinders vermoor. DRIE!  En net op die volgende bladsy is hulle foto’s: Drie kinders wat se lyke in 2005 gekry is Micyela Ganchi (6), Merissa Naidoo (10) en Steven Siebert (6) Al drie seksueel aangerand en vermoor.

 En ons worry oor De La Rey! Ons fokus is misplaas! Hoe wil ons ‘n verskil in hierdie wêreld maak en Christus se boodskap uitdra as ons hierdie goed net ignoreer of doodeenvoudig nie daarvan weet nie? Ja dit is sekerlik makliker om oor dinge soos De La Rey, en homoseksualiteit ens. te debateer want daar kan ons partykeer nog ‘n mate van ‘n antwoord gee, daar raak dit ons nie so erg nie. 

 Maar vergeet vir ‘n oomblik van De La Rey en van naamveranderings en al hierdie ander dinge! En kom ons vat die kinders in ons land en reg oor die wêreld se handjies en laat hulle toe om weer lewe in ons verharde harte te druk en hulle nood raak te sien.

Kinders moet kan speel sonder om oor hulle skouers te moet kyk, (dit is ons grootmense se werk) sonder om te worry oor kos vir vanaand (ook ons werk) sonder om volwasse te moet optree en sonder om bang te wees vir groot mense.

Moenie gaan blomme neersit as dit te laat is nie, moenie wil gaan berading doen as die seer klaar daar is en so jou deel doen nie, ons moet nou iets doen terwyl ons nog kan en laat die kindertjies na Hom toe kom!



Hello world!
March 7, 2007, 1:37 pm
Filed under: Uncategorized

Welcome to WordPress.com. This is your first post. Edit or delete it and start blogging!




Design a site like this with WordPress.com
Get started